Ek lees vanaand die storie van die arme vrou wie se rondloperman homself gehang het en word teruggeruk na 12 jaar gelede. 7 Februarie 2005. Die pyn van onthou.

My pa was ’n pa duisend. Hy moes wees, want wie anders sou ’n ander man se kind soos sy eie grootmaak? My ma het hom laat glo sy verwag sy kind. Maar ek is vyf maande nadat hulle mekaar ontmoet het gebore. Tog het hy my sy van gegee en my as sy dogter grootgemaak.

My pa het my ma herhaaldelik verneuk, en ons het gedink dis as gevolg van dinge wat sy gedoen het. Toe los hy haar vir ’n 16-jarige meisie.

Hannie* was ’n wonderlike stiefma; sy het tot vir my ruimte gemaak in haar lewe. Maar sy ou dinge was terug. Hannie het altyd vergewe en vergeet, al het sy hom met ander vroue betrap.

Nie een keer was sy minder lief vir hom nie. Sy het alles moes behartig wanneer hy dae lank spoorloos was. Hy het nooit geld gehad nie, want die bordele en strip clubs was vir hom baie belangrik.

Ná 17 jaar het Hannie genoeg gehad en gedreig om hom te los. Hy het begin skyn-hartaanvalle kry, gedreig om homself dood te maak en net vreemd op te tree.

Een aand het hy dit te ver gevoer en gemaak of hy homself wil hang. Sy voete het op die nat emmer gegly en weens sy gewig het die das styfgetrek om sy nek en het hy versmoor. My pa was toe 47; ek 24 en my stiefma 33.

Met die nadoodse ondersoek is bevind dit was ’n fratsongeluk. Daar is geen selfdoodbrief en tekens dat hy rêrig sy lewe wou neem nie. By die begrafnis het ons die grootste skok gekry: Sy minnares het met haar en my pa se seun daar opdaag. Die skok daarvan maak vandag nog seer.

Ek word vanjaar 35 en besef steeds: 

*Skuilnaam.