Die aktrise Amanda Seyfried is swanger!

Die handelsmerk se woordvoerder-model (31) het nie probeer wegsteek sy verwag nie.

Sy het ’n swart Givenchy-minirok gedra wat niks aan die verbeelding oorlaat nie. Dit sal Amanda se eerste baba wees.

Sy het in September aan haar akteur-kêrel, Thomas Sadoski (40), verloof geraak. Hulle het mekaar verlede jaar ontmoet terwyl hulle saam aan die Off-Broadway-toneelstuk The Way We Get By gewerk het. Albei was toe in ’n ander verhouding betrokke. Die romanse het geblom op die stel van die twee se komende rolprent, The Last Word.

Verteenwoordigers van die Ted 2-skoonheid en die The Newsroom-ster het die nuus van die verlowing bevestig dae nadat Amanda met ’n eenvoudige, smal ring aan haar ringvinger gekiek is terwyl sy met haar hond, Finn, in New York gaan stap het.

Amanda het ook liefde gevind by haar Mamma Mia!-medester, Dominic Cooper, met wie sy van 2008 tot 2013 uitgegaan het. Kort nadat hulle uitmekaar is, het sy ’n romanse met die akteur Justin Long gehad, maar hulle is langer as ’n jaar gelede uitmekaar ná langer as twee jaar saam.

Intussen is Thomas in Oktober verlede jaar ná ’n huwelik van agt jaar van Kimberly Hope geskei.

Amanda het verlede jaar aan die Britse uitgawe van die tydskrif Marie Claire gesê sy is gretig om met ’n gesin te begin. “Ek voel heeltyd my eiers is aan die uitsterf. Ek moet iets doen,” het sy gesê. “Ek wil ’n kind hê. Baie graag. Ek wil graag ’n ma wees. Dis hoe ek voel. Ek voel nou al twee jaar so.”

© Cover Media