½ piesang, gesny

250ml (1k) vars vrugteslaai (perske, appel, bessies, lemoen)

250ml (1k) vanieljegeur laevetjogurt

180ml (3/4k) koue laevetmelk

5ml (1t) heuning

Meng die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad en giet in ’n geskikte bottel of fles. Hou verkoel tot nodig.

Skud die smoothie voor jy dit drink.

Genoeg vir twee.

Wenk: Vries enige smoothie wat oorgebly het in klein plastiese bakkies en druk roomysstokkies daarin. Dit maak heerlike gesonde ysstokkies vir warm somerdae.

- Arina du Plessis