Die 40-jarige ster van The Wolf of Wall Street en die Duitse model het van Mei verlede jaar uitgegaan, maar dit gons nou dat alles verby is. Hulle het nou na bewering vir goed uitgemaak.

’n Bron het aan Us Weekly gesê ná Leo se tyd by Art Basel in Miami is dit amptelik verby tussen die twee.

Al was hulle meer as ’n jaar saam, was Leo en die 22-jarige Toni min saam gesien en het bitter min openbare verskynings gemaak.

Hulle het glo uitgemaak nadat die akteur die nagklub 1 Oak at Rec Room in South Beach, Miami, met ’n magdom mooi vroue verlaat het.

“Hy is met 20 vroue daar weg. Leo en 20 meisies. Hy is my held,” het een omstander aan die New York Daily News se Confidenti@l gesê. “Hy was omring met modelle. Die Jonas-broers het bang gelyk, asof hy onder die vroue sou verdrink. Sy gesigsuitdrukking was skreeusnaaks.”

Leonardo word dikwels deur beeldskone vroue omring. Toe hy verlede maand sy 40ste verjaardag vier, was die meerderheid van die gaste glo modelle.

Voor hy met Toni uitgegaan het, was die akteur verbind met ’n string modelle, insluitend Gisele Bundchen, Bar Refaeli, Erin Heatherton en Kristen Zang.
'Sy het hom gesmeek om sy gefuif te laat staan.'

Maar blykbaar is sy ma, Irmelin, gretig vir haar seun om die knoop deur te haak.

“Sy het hom gesmeek om sy gefuif en baie verhoudings te laat staan,” het ’n bron onlangs aan die Amerikaanse weergawe van die tydskrif OK! gesê. “Sy is moeg daarvan om geheg te raak aan die vrou met wie hy uitgaan, tot sy vir ’n ander vrou verruil word.”

© Cover Media