Die internet was natuurlik dadelik in rep en roer en gelukwensing (en verligting vir Leo se onthalwe) het van oraloor ingestroom.

Die 41-jarige akteur het die top akteursprys ontvang vir sy rol as Hugh Glass in The Revenant. Hy het vroeër ook die Golden Globe vir dié rol ontvang. Tydens sy toespraak het Leo uitgevaar teen die gevare van klimaatsverandering. "Kom ons aanvaar nie ons planeet as vanselfsprekend nie," het hy gesê. "Ek neem nie vanaand as vanselfsprekend nie." Die Titanic-ster het verder vertel hoe hulle tydens die verfilming van The Revenant gesukkel het om sneeu te kry. "2015 was die warmste jaar op rekord. Ons moes tot by die mees suidelike punt van die planeet reis net om sneeu te kry," het hy vertel. Van die ander groot wenners van die aand, sluit in Brie Larson wie die prys vir beste aktrise vir haar rol in Room ontvang het.

Die ware lewensdrama Spotlight het die prys vir beste film ontvang. Mad Max: Fury Road, wat in Namibië verfilm is met Charlize Theron in die hoofrol, het die meeste toekennings van die aand ontvang met ses pryse.

Hier is 'n volledige lys van al die wenners:

Beste Rolprent: “Spotlight”

Beste Regisseur: “The Revenant,” Alejandro G. Iñárritu

Beste Akteur: Leonardo DiCaprio, “The Revenant”

Beste Aktrise: Brie Larson, “Room”

Beste Akteur in 'n ondersteunende rol: Mark Rylance, “Bridge of Spies”

Beste Aktrise in 'n ondersteunende rol: Alicia Vikander, “The Danish Girl”

Beste aangepaste draaiboek: “The Big Short,” Charles Randolph en Adam McKay

Beste oorspronklike draaiboek: “Spotlight,” Josh Singer en Tom McCarthy

Beste kinematografie: “The Revenant,” Emmanuel Lubezki

Beste stelontwerp: “Mad Max: Fury Road,” Colin Gibson en Lisa Thompson

Beste filmredigering: “Mad Max: Fury Road,” Margaret Sixel

Beste visuele-effekte: “Ex Machina,” Andrew Whitehurst, Paul Norris, Mark Ardington en Sara Bennett

Beste kostuumontwerp: “Mad Max: Fury Road,” Jenny Beavan

Beste grimering: “Mad Max: Fury Road,” Lesley Vanderwalt, Elka Wardega en Damian Martin

Beste klank-redigering: “Mad Max: Fury Road,” Mark Mangini en David White

Beste klank: “Mad Max: Fury Road,” Chris Jenkins, Gregg Rudloff en Ben Osmo

Beste klankbaan: “The Hateful Eight,” Ennio Morricone

Beste liedjie: “Writing’s on the Wall,” uit “Spectre,” Jimmy Napes en Sam Smith

Beste buitelandse fliek: “Son of Saul” (Hungary)

Beste animasieprent: “Inside Out”

Beste dokumentêr: “Amy”

Beste kort animasieprent: “Bear Story”

Beste kort dokumentêr: “A Girl in the River: The Price of Forgiveness”

Beste kortfilm: “Stutterer”

Bronne: New York Times; Twitter; Hollywoodreporter

Lees ook op Huisgenoot.com:

Leo kraai koning by die Golden Globes

Jy sal nie glo wat elke Oscar-benoemde vanaand gaan kry nie!

Hartseer nuus vir Thys die Bosveldklong

Sewe kere toe Taylor Swift gewys het wat in haar steek