Die Wolf of Wall Street-ster het vertel ’n “reuse grootwithaai” het hom probeer aanval toe ’n haaihok-uitstappie skeefloop tydens ’n blaaskans van verfilming aan Blood Diamond.

Die 39-jarige akteur het in ’n onderhoud op Ellen DeGeneres se geselsprogram gesê: “Ek is doodsbang vir haaie; toe ek Blood Diamond in 2006 maak, was ek vasgevang in ’n hok saam met ’n grootwithaai, wat ongelooflik was.

“Dit was ’n reuse grootwithaai . . . Hulle het gesê so iets het nog nooit die afgelope 30 jaar gebeur nie, maar ’n tuna het vasgesit aan die bokant van die hok en die witdoodhaai het uitgespring en dit probeer byt en was toe saam met my in die hok.

“Die helfte van sy lyf was binne en die helfte buite, en ek het plat onder gelê en hy (die haai) was net ’n entjie weg van my. Hy het ’n paar keer gehap, maar ek het dit oorleef.”

’n Organisasie wat hulle daaraan wy om haaie te beskerm, het Leonardo op die uitstappie genooi. Hy erken dit het hom geestelike geskend. “Ek wil dit nie weer doen nie, maar ek wil nie die werk wat hul doen afkraak nie, want hulle doen wonderlike werk,” het hy gesê. “Maar dit was absoluut vreesaanjaend.”