Oor die jare was daar al baie gevalle van gewone mense wat nogals na sekere glanspersone lyk. Maar die nuutste geval het ons omtrent sprakeloos gelaat.

Die internet gons die afgelope paar dae nadat iemand die bekende Hollywood akteur Leonardo DiCaprio se ewebeeld in Swede opgespoor het. Meer spesifiek: Leonardo se 21-jarige ewebeeld. Konrad Annerud (21), ’n Sweedse kroegman, spog met meer as 155,000 volgelinge op Instagram. Hy deel gereeld foto’s waarin hy op ’n haar soos Leo lyk. Dié aantreklike jongman het onlangs aan die Sweedse nuuswebwerf nyheter24.se gesê dit is “lekker” as hy hoor hy lyk soos die bekende Titanic-ster.

A photo posted by Konrad Annerud (@konradannerud) on

“Ek hoor dit gereeld dat ek soos hy lyk, veral omdat ek as ’n kroegman werk in ’n nagklub. Dis lekker om soos hy te lyk; hy is aantreklik,” het Konrad gesê. Tog is daar ook ’n nadeel daaraan om soos een van die wêreld se bekendse glanspersone te lyk. “Toe ek onlangs in Italië was, het ek amper my hare afgeskeer. Dit was baie chaoties; mense het gegil ‘Leo’ en wou net die heeltyd foto’s saam my neem. Dit was die malste ervaring wat ek nog gehad het.” Ons is seker dis moeilik om so aantreklik te wees, Konrad!

A photo posted by Konrad Annerud (@konradannerud) on

Bronne: The Independent; Time; Unilad