Is jy ’n groot Leonardo DiCaprio-aanhanger en het jy elke fliek van hom gesien?

Dan sal jy die insetsel Leo: The Movie baie geniet.

YouTube se komediekanaal, Official Comedy, het onlangs dié insetsel uitgereik waarin iemand uittreksels uit al Leonardo se bekendste flieks gevat en ’n drie-minuut-video gemaak het.

Dit sluit onder meer dele van flieks in soos What’s Eating Gilbert Grape?, Romeo + Juliet, Titanic, Blood Diamond, The Departed enThe Great Gatsby. Hulle het dit gemaak met die oog op sy nuwe fliek, The Wolf of Wall Street, wat Vrydag in Suid-Afrika begin draai.

Hier is die volgorde waarin die flieks in die insetsel verskyn:

  • This Boy’s Life (1993)
  • What’s Eating Gilbert Grape? (1993)
  • Marvin’s Room (1996)
  • The Basketball Diaries (1995)
  • Romeo + Juliet (1996)
  • Gangs of New York (2002)
  • Titanic (1997)
  • The Beach (2000)
  • Blood Diamond (2006)
  • Body of Lies (2008)
  • The Departed (2006)
  • Shutter Island (2010)
  • Catch Me If You Can (2002)
  • The Aviator (2004)
  • The Great Gatsby (2013)
  • Revolutionary Road (2008)
  • The Wolf of Wall Street (2013)
  • Inception (2010)

Leonardo het nog nooit ’n Oscar gewen nie en het onlangs erken dat dit baie vir hom sal beteken as hy een vir sy nuwe fliek kan wen.

Kyk hier na Leo : The Movie

Kyk hier na die lokprent van The Wolf of Wall Street:

Marelize Potgieter

Ekstra bronne: www.hollywood.com; www.time.com en www.entertainmentwise.com