Dit lyk of dié drama ook by die Oscars gaan skoonskip maak ná ’n uitblinker-aand by die Baftas waar dit bekroon is met vyf toekennings: Beste rolprent, beste akteur vir Leonardo DiCaprio, beste regisseur vir Alejandro González Iñárritu, beste kamerawerk en beste klank.

Lees ook: Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Leonardo het in sy toespraak vir sy ma ’n gelukkige verjaarsdag toegewens en sy medester, Tomy Hardy, se lof besing. “Tom, ek wil jou bedank vir jou vurige lojaliteit as vriend. Ek kon dit nie sonder jou doen nie.”

Mad Max: Fury Road was nog ’n groot wenner met vier toekennings vir beste kostuumontwerp, beste produksie-ontwerp, beste grimering en hare en beste redigering.

Kate Winslet is bekroon as beste byspeelster vir haar rol in Steve Jobs en het aan verslaggewers gesê toekennings en nog vir haar ’n groot hoogtepunt.

“Ek voel net so dankbaar om nog hierdie werk te kan doen. Ek doen dit al vandat ek 15 is en is nog net so lief daarvoor as destyds, dalk selfs meer want ek weet hoe moeilik dit is om te doen en alles in die lewe te balanseer. Dit beteken regtig so baie vir my.”

Op ’n vraag oor of sy haar toespraak vir die Oscars voorberei, het sy geantwoord: “Genade, moet jy nog daardie vraag vra?! Ek berei nooit voor nie. Ek is so oortuig daarvan ek gaan nie enige pryse wen nie. Dis heeltemal oorweldigend.”

Lees ook: Agt keer wat Beyoncé die wêreld laat regop sit het

Mark Rylance is aangewys as beste byspeler vir Bridge of Spies, die Star Wars-akteur John Boyega het die Rising Star-toekenning gewen en sir Sidney Poitier is met die Fellowship-toekenning vereer.

Ander wenners sluit in Inside Out as beste animiasiefliek, Star Wars: The Force Awakens (beste spesiale visuele effekte), Brooklyn (beste Britse fliek) en Amy (beste dokumentêr).

Stephen Fry was die gasheer vir die geleentheid wat by die Royal Opera House in Londen gehou is.

Die volledige lys wenners:

Beste rolprent: The Revenant

Beste Britse rolprent: Brooklyn

Beste regisseur: Alejandro González Iñárritu - The Revenant

Beste akteur in hoofrol: Leonardo DiCaprio - The Revenant

Beste aktrise in hoofrol: Brie Larson - Room

Beste byspeler: Mark Rylance - Bridge of Spies

Beste byspeelster: Kate Winslet - Steve Jobs

Rising Star-toekenning: John Boyega

Beste oorspronklike draaiboek: Tom McCarthy, Josh Singer - Spotlight

Beste verwerkte draaiboek: Adam McKay, Charles Randolph - The Big Short

Beste oorspronklike musiek: Ennio Morricone - The Hateful Eight

Beste animasiefliek: Inside Out

Beste dokumentêr: Amy

Beste Nie-Engelse fliek: Wild Tales

Beste debuut deur Britse skrywer, regisseur of vervaardiger: Theeb

Beste kamerawerk: Emmanuel Lubezki - The Revenant

Beste spesiale visuele effekte: Chris Corbould, Roger Guyett, Paul Kavanagh, Neal Scanlan - Star Wars: The Force Awakens

Beste produksie-ontwerp: Colin Gibson, Lisa Thompson - Mad Max: Fury Road

Beste kostuumontwerp: Jenny Beavan - Mad Max: Fury Road

Beste grimering en hare: Lesley Vanderwalt, Damian Martin - Mad Max: Fury Road

Beste klank: Lon Bender, Chris Duesterdiek, Martin Hernández, Frank A. Montaño, Jon Taylor, Randy Thom - The Revenant

Beste redigering: Margaret Sixel - Mad Max: Fury Road

Beste kortfliek: Operator

Beste kort-animasiefliek: Edmond

BAFTA Fellowship: Sir Sidney Poitier

Beste Britse bydrae tot rolprentkuns: Angels Costumes

© Cover Media

Lees ook op Huisgenoot.com:

Musiek kan jou liefdeslewe ’n hupstoot gee

Is wolkbrood die antwoord op jou lae-koolhidraat-gebede?

Minder oefening ‘lei tot kleiner brein’

Die eenvoudige geheim om jou selfoon se batterylewe te verleng