Dit voel dikwels vir Leonardo DiCaprio asof hy in ’n videospeletjie leef.

Die 41-jarige akteur was sedert sy jeugjare in die kollig, en hy het gunstige kritiek ontvang vir rolprente soos Titanic, The Departed en Shutter Island.

Sy roem bring egter mee dat hy in die openbare oog is, en, waar ander beroemdes hierdie gedeelte van hul loopbaan verfoei, het Leonardo aanvaar dat aandag en roem onafskeidbaar is van mekaar. “Jy weet, dit is inderwaarheid baie surrealisties,” het hy aan Wired gesê. “Ek dink nie enigiemand raak ooit daaraan gewoond om oral in die wêreld herken te word nie. Dit voel soms ietwat asof jy deel is van ’n videospeletjie, veral wanneer die paparazzi en mense jou volg, en daardie soort ding.

“Ek dink nie enigiemand raak ooit daaraan gewoond om oral in die wêreld herken te word nie."

“Maar dit is nou eenmaal deel van wie ek op die oomblik is. Dit vorm deel van my lewe vir so lank as wat ek verkies om ’n loopbaan te maak van dit waarvan ek hou. Ek dink ek oorleef omdat ek myself nie inperk nie. As daar iets is wat ek graag wil ondervind of daar is ’n plek waarheen ek graag wil gaan, doen ek dit. Ek dink dit is hoe ek ’n mate van normaliteit aan my lewe gee.”

Volgende ingeligtes gee Leonardo se jongste rolprent, The Revenant, hom ’n sterk kans om ’n Oscar te wen by volgende jaar se seremonie. Hy is al vyf keer vir ’n goue beeldjie benoem.

Hy vertolk die rol van Hugh Glass, ’n pionier wat wraak sweer op die mense wat hom vir dood agtergelaat het nadat ’n beer hom aangeval het.

Leonardo het dit tydens die verfilming maklik gevind om deel te word van die opwindende storie aangesien die ster self ’n paar noue ontkomings gehad het wat hom by die dood laat omdraai het.

“My vriende sê ek is die mens saam met wie hulle allermins uitdagende avonture wil onderneem, want dit lyk altyd asof ek sommer gou deel van ’n ramp kan word,” het hy gelag. “As ek ’n kat met nege lewens was, reken ek ek het al ’n paar opgebruik. Ek bedoel, daar was die voorval met die haai . . .”

Toe hy daaroor uitgevra is, het Leonardo onthou hoe ’n witdoodhaai by hom in die hok beland het toe hy in Suid-Afrika geduik het. Die roofvis was slegs enkele sentimeters van hom af en Leonardo het onthul dat die manne wat saam met hom was, nooit in hul 30 jaar van duik so iets gesien het nie.

© Cover Media