Leonardo DiCaprio het na bewering ’n verhouding aangeknoop met nog ’n model, die asemrowende Nina Agdal van Victoria’s Secret.

Die Oscar-wenner, wat bekend is vir sy liefde vir loopplank-skoonhede, het in Mei stilletjies begin uitgaan met die rocker, Adam Levine, se eksmeisie, en volgens Us Weekly het hulle verlede maand in Montauk, New York, en in die Bahamas vakansie gehou.

Maar ’n bron na aan Leonardo (41) hou vol die verhouding is “super-vriendskaplik”. Die ster van Revenant was nog tot onlangs deurmekaar met Chelsey Weimar, ook ’n skoonheid van Victoria’s Secret, terwyl hy voorheen romantiese verbindings gehad het met Kelly Rohrbach, Toni Garrn, Erin Heatherton, Blake Lively, en Anne Vyalitsyna, nog een van Levine se ekse.

A photo posted by Nina Agdal (@ninaagdal) on

Dié Russiese model het aangegaan met haar lewe en vroeg in 2010 liefde gevind by die sanger van Maroon 5, maar hulle is twee jaar later uitmekaar. DiCaprio, wat ook lang verhoudings gehad het met Bar Rafaeli en Gisele Bundchen, het ook sy bewonderaars laat kopkrap oor die aard van sy vriendskap met Rihanna, saam met wie hy verlede jaar begin kuier het. Hulle het in April vanjaar weer afspaakgerugte aangevuur toe hulle saam op ’n partytjie by die Coachella-musiekfees in Kalifornië opgemerk word. Die akteur is duidelik nie haastig om gevestig te raak nie en vroeër vanjaar het hy aan die tydskrif Parade genoem hy laat sy persoonlike lewe aan die noodlot oor.

A photo posted by Nina Agdal (@ninaagdal) on

“Die dag sal wel kom,” het Leonardo gemymer toe hy gevra word of hy aan trou glo. “Om die waarheid te sê, jy kan nie die huwelik voorspel nie. Jy kan dit nie beplan nie. Dit gaan eenvoudig gebeur wanneer dit gebeur.”

Dit is nie bekend of Leo hierdie naweek in San Diego, Kalifornië, gaan wees om Agdal by te staan terwyl sy aan die 2016 MLB All-Star Legends and Celebrity-sagtebalwedstryd by Petco Park deelneem nie. Sy gaan saam met Pete Wentz, Jamie Foxx and J.K. Simmons deelneem.

© Cover Media