[caption id="attachment_166053" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Darlene is Sondagoggend in haar slaap oorlede, het haar familie bekendgemaak.

Die kwaai oorgewig aktrise was die bekendste vir haar akteursdebuut in die rolprent van 1993. Daarin het sy die ma van Johnny Depp se karakter, Gilbert, en Leonardo se karakter, Arnie, gespeel. Die karakter is so oorgewig dat sy nie uit die huis kan gaan nie.

Leonardo het gou op Darlene se sterfte kommentaar gelewer en Dinsdag ’n roerende plasing op sy Facebook-blad gedeel.

“Darlene was die beste toneelspeelma saam met wie ek nog die voorreg gehad het om te werk,” skryf hy. “Haar innemende persoonlikheid en ongelooflike talent sal voortleef in die herinnerings van diegene wat haar geken en dié wat van haar werk gehou het. My gedagtes en gebede is by haar familie in hierdie moeilike tyd.”

Leonardo het sy eerste Oscar-benoeming gekry vir sy rol in hierdie rolprent waarin hy ’n verstandelik gestremde jong seun speel. Hy het later nog vier Oscar-benoemings vir sy spel ontvang en verlede jaar eindelik die goue beeldjie huis toe geneem vir The Revenant.

Peter Hedges, die draaiboekskrywer van What’s Eating Gilbert Grape, het Darlene ontdek. Hy het haar in 1985 in ’n episode van The Sally Jessy Raphael Show gesien met die titel Too Heavy to Leave Their House. Daarin het sy oor haar gewig gepraat en hoe dit haar lewe raak.

[caption id="attachment_166057" align="alignnone" width="582"]Leonardo en Dianne. Foto: Getty Images Leonardo en Darlene. Foto: Getty Images[/caption]

Darlene het later gasrolle in televisieprogramme soos Picket Fences en Touched by an Angel en in die televisierolprent Wolf Girl van 2001 gehad. Volgens IMDb.com het sy onlangs aan ’n komedie met die titel Billboard gewerk.

Haar dogter, Sheri, het haar heengaan op Facebook bekendgemaak met die boodskap: “Ons vind vertroosting in die wete dat sy nie meer pyn ervaar nie en in die arms van ons Hemelse Vader is, en net wegbreek om saam met ons Redder, Jesus, te dans. (Dans is iets wat sy graag gedoen het toe sy jonk was.)”

© Cover Media