Lewer 1,5 L

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Jy kan die tamatietjies ook

rooster voor jy dit as garnering gebruik.

olie

1 ui, gekap

4 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 heel kardemomsade

2 stokke heel kaneel

1 heel steranys

5 ml (1 t) borrie

250 g lensies, in kookwater geweek

1 L (4 k) groenteaftreksel

1 blik (410 g) babatamaties of tamatie-en-uiesmoor

1 blik (400 g) ligte klappermelk

125 ml (½ k) gekapte koljanderblare

10 ml (2 t) suiker

sout en peper na smaak

skil van 1 suurlemoen

OM VOOR TE SIT

geroosterde saadtortillas

takkie pietersielie

  1. Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die speserye by en braai 1 minuut.
  2. Dreineer die lensies, voeg by en giet die groenteaftreksel by. Kook tot sag, sowat 20 minute.
  3. Voeg die tamaties, klappermelk en koljander by (hou ’n paar tamaties vir garnering) en laat baie goed kook.
  4. Geur met suiker, sout en peper na smaak. Voeg die suurlemoenskil by.
  5. OM VOOR TE SIT Giet in ’n bak, rond met ’n takkie pietersielie en ’n paar babatamaties af en sit saam met geroosterde tortillas voor.