Daar word vermoed dat vlieë wat aangetrek word tot die verrottende suiker eiers in kinders se neusholtes lê.

Gesondheidsamptenare sê longinfeksies, bloedvergiftiging en inwendige bloeding is ook moontlike gevolge van lekkers snuif. Taai etter en mukus onder die ooglede is tekens dat die kind lekkers snuif.

In hierdie stadium kan die kind selfs van ’n nies ernstig siek word.

Volgens die New York Daily News het ’n skool in die Amerikaanse deelstaat Rhode Island ’n waarskuwings-e-pos aan ouers gestuur waarin hulle vra ouers moet vra of hul kinders ’n gekielie voel of iets onwelriekends ruik, en onmiddellik tot aksie oorgaan as dit so is.

Al het die gesnuif geen verslawende of  hallusinatoriese eienskappe nie, het honderde video’s van kinders wat dit doen aanlyn verskyn. In van die video’s – waarvan party meer as 1 000 trefslae gekry het – ervaar kinders kwaai pyn en verstik.

-Bang Showbiz