Bloed, sweet en sweerlik 'n paar trane van die twee spanne se toegewyde ondersteuners het Saterdagmiddag gevloei ná die die Vrystaatse span koning gekraai het op die rugbyveld.

Saterdag se oorwinning oor die gedugte Blou Bulle het 'n nege jaar lange Curriebeker-droogte vir die Vrystaatse span gebreek.

Die Cheetahs het die Curriebeker ’n vyfde keer verower toe hulle die Blou Bulle met 36-16 gewen het.

Die span se onoorwonne vertoning vir die 2016-seisoen het Saterdag in Bloemfontein tot 'n allemintige crescendo uitgebou. Baie geluk aan die man van die wedstryd, Uzair Cassiem.
Maar geen geld vir die wenners nie?

Twitter het behoorlik gegons na die Cheetahs se oorwinning

Sergela Petersen het 'n fenomenale vertoning op die veld gehad.
Hoë lof van Jonathan Kaplan, een van die beste skeidsregters nóg.

Boonop het die Vrystaatse span ook gesorg vir vermaak uit die boonste rakke. Suzzi Swanepoel, bekende Idols-deelnemer en aktrise sorg dat die span en hul ondersteuners hul oorwinning nog meer geniet!

Hier spog sy met daardie pragtige, gesogte trofee waarvoor dat die afgelope seisoen kliphard op die rugbyveld voor gespook is.

suzzi