. Talle het hom leer ken en respekteer as die netjiese man met die groot verskeidenheid dasse wat die nuus saans op SABC in Afrikaans aangebied het. Deesdae doen hy die laataand-nuusskof op kykNET.

Maar het jy geweet?

  1. Riaan het sy eerste verskyning as nuusleser op 26 November 1975 gemaak.
  2. Die eerste nuusstorie wat hy gelees het, was die vonnisoplegging van Breyten Breytenbach wat vir nege jaar tronk toe gestuur is.
  3. Riaan het byna 8000 nuus-bulletins aangebied - soos wat hy dit tydens ’n onderhoud met Huisgenoot (15 November 2014) beskryf het: “Byna 8 000 aande wat ek nie by die huis was nie”
  4. Hy het die rol van Haas Das in 1976 gekry nadat hy ’n grappie aan Louise Smit vertel het en sy gejubel het: “Ek het my haas gekry!”
  5. Riaan bestempel homself as ’n “sentimentele sot” wat net mooi niks kan weggooi nie.

Talle sal hom altyd onthou as die ‘koel, kalm jintelman’ waar hy homself ook al mag bevind. Maar hierdie juweeltjie sal ons nooit kan vergeet nie.