Winter-Baked-Banana-Custard

Dis wat jy gaan nodig kry:

2 ryp piesangs

3 eiergele

250 ml (1 k) volroom- of formulemelk

’n knippie gemmer, kaneel of neutmuskaat

Sit al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad, maar nog nie pap en loperig nie. Jy kan dit ook met die hand verwerk as jy verkies.

Giet die mengsel in ramekins en bak 20 min. teen sowat 180 °C. Kyk elke 10 min. daarna, die baktyd kan wissel afhangend van die dikte van die mengsel. Die vla gaan begin kraak bo wanneer dit gaar is.

Dit is gaar wanneer ’n mes of toetspen skoon uit die middel kom.

Dit gee jou immuunstelsel ’n hupstoot!

Piesangs bevat baie vitamien B6, B2 en C. Maar moenie te veel in ’n kort tydperk eet nie, want dit kan hardlywigheid veroorsaak. Eiergeel bevat baie vitamien B12, A en D – wat verkoues en griep kan help voorkom.

Inhoud verskaf deur: Anthea de Villiers, geregistreerde dieetkundige (SA)

Klik hier vir dié resep en nog heerlike Checkers-resepte.