DIE lewe na The Rude Awakening behandel Jeremy Mansfield goed.

Hy en sy vrou, Jacqui, het vroeëer die maand terug gekeer van ’n luilekker vakansie in die Bosveld.

Hulle het ook onlangs ’n draai in die Franse hoofstad, Parys, gaan maak om vir hul 17-jarige dogter, Gabriella, te gaan kuier en na universiteite te kyk.

Sy oorweeg dit om haar daar vir ’n kriminologiegraad in te skryf en hulle moes op ’n geskikte universiteit

besluit.

Die lekkerste van sy lewe na sy jare as radio-omroeper is dat hy nie meer vieruur wakker hoef

te word nie, het hy aan Huisgenoot gesê.

“Ek kan nou nege-uur begin werk en is teen etenstyd klaar,” se Jeremy, wat deesdae as konsultant vir die radiostasie werk