Sosaties is perfek vir kinders! Dis lekker om met jou hande te eet en jy kan so ’n bietjie vrugte en groente by kinders se dieet insmokkel. Probeer hierdie heerlike hoender-en-pynappelsosaties en rysslaai van Checkers.

Dis wat jy vir die marinade nodig gaan kry:

  • 30 ml (2 e) dik sojasous
  • 30 ml (2 e) suurlemoensap
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • Knippie sout

Dis wat jy vir die sosaties nodig gaan kry:

  • 6 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 1 pynappel, geskil en in blokkies gesny
  • 6 - 8 sosatiestokke

Dis wat jy vir die braaisous nodig gaan kry:

  • 30 ml (2 e) heuning
  • 2 cm-stuk vars gemmer, gerasper
  • 10 ml (2 t) dik sojasous
  • 5 ml (1 t) suurlemoen- of lemmetjiesap

Dis wat jy vir die rysslaai nodig gaan kry:

  • 500 ml (2 k) gaar ryd
  • 125 ml (½ k) appelliefies, gehalveer
  • 1 groen appel, in klein blokkies gesny
  • babaspinasie (opsioneel)
  • 4 grasuie, gekap
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 15 ml (1 e) suurlemoensap
  • Sout en vars gemaalde swartpeper

Sosaties

  • Meng die marinadebestanddele. Sit die hoender in ’n sak en giet die marinade oor. Maak die sak toe en skud om die hoender te bedek. Marineer ’n halfuur in die yskas. Ryg die hoender om die beurt met die pynappel op die sosatiestokkies.

Braaisous

  • Meng alles. Braai die sosaties oor medium hitte en verf deurentyd met die sous.

Rysslaai

  • Meng alles en sit voor saam met die sosaties.

Klik hier vir nog heerlike Checkers-resepte.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.