Met die oorgang na 'n nuwe Suid-Afrika het die kabinet besluit dat daar 'n dag (24 September) moes wees waarop Suid-Afrikaners, van watter bevolkingsgroepe ook al, hul eie erfenis moes gedenk.

Bespreek vir Skouspel!

Dit het beteken dat niemand moes vergeet wie en wat hy is en waar hy vandaan gekom het nie. Elkeen moes op dié dag sy eie kultuur, geskiedenis en kultuurgeskiedenis in ere hou. Dit is toe Erfenisdag genoem, het Wikipedia berig.

Nasionale Braaidag word jaarliks op 24 September op erfenisdag gevier. Alle Suid-Afrikaners wêreldwyd word aangemoedig om op die dag hulle vure aan te steek en iets te rooster. Die dag gedenk Suid-Afrika sy ryk erfenis en sy unieke tydverdryf, die braai.

Ons wens al ons leser 'n gelukkige Erfenisdag toe. Lekker braai!

Volg Huisgenoot op Twitter.