Gugu was deel van ’n ekspedisie om Afrika se hoogste piek as deel van die veldtog Trek4Mandela te bereik. Sy vrou, Letshego Zulu, was saam met hom.

Volgens ’n verklaring uitgereik deur die Nelson Mandela Foundation, is besonderhede van sy afsterwe nog onduidelik. "Wat ons weet, is dat Gugu asemhalingsprobleme begin ervaar het," lui die verklaring.

Mediese personeel wat saam met lede van die ekspedisie gestap het, het Gugu op ’n drip geplaas en teruggekeer na die voet van die berg. "Ons is ingelig dat die mediese span alles probeer het om sy lewe te red."

Letshego het saam met haar man en Richard Mabaso, die ekspedisie-leier, teen die berg afbeweeg. Gugu was ’n ervare renjaer vir Volkswagen. Hy en Letshego het ’n babadogtertjie wat verlede maand een jaar oud geword het. Die stappers het Kilomanjaro geklim ter ere van oudpres. Nelson Mandela en Mandela Dag wat vandag wêreldwyd gevier word. Die stappers sou na verwagting later vandag die piek van die berg bereik. Enkele dae voor sy dood het Gugu die pragtigste foto's van hom en sy vrou op sosiale media gedeel:

A photo posted by Gugu Zulu (@guguzulu) on

A photo posted by Gugu Zulu (@guguzulu) on