Dié mark se toekoms was egter onseker toe inwoners hoor die mark moet trek van sy gereelde bestemming. 

Ons is darem gerusgestel: Die mark gaan trek, maar darem nie ver van sy oorspronklike adres by die Pioniersmuseum in Silverton nie. 

“Vanaf Saterdag 8 Julie 2017 gaan die Boeremark voort van 05:30 tot 09:30, maar by ’n nuwe adres,” lui ’n inskrywing op hul Facebook-blad

“Help ons om ons nuwe tuiste die beste ooit te maak!” 

Die Boeremark sal voortaan by Krigestraat 670 gehou word. 

Die publiek het die skuif verwelkom.

“Ons is baie bly julle trek nie ver nie! Sterkte met die nuwe reëlings. Ons ondersteun julle graag op die nuwe perseel ook,” het Stephni Fogwill op Facebook geskryf.