Jans, die bekende regisseur van films soos Pappa Lap (1971), Eendag op ’n Reëndag (1975), Blink Stefaans (1981) en meer onlangs Abraham (2015) is in die Bay View-hospitaal in Mosselbaai oorlede.

Hy is dood weens komplikasies met longontsteking, berig Netwerk24.

“Een van Suid-Afrika, en Afrikaans, se grootste regisseurs en vervaardigers is vandag oorlede. Jans Rautenbach, baanbreker-regisseur van Jannie Totsiens, Katrina en veral die briljante Die Kandidaat is nie meer by ons nie,” het SA se mees toonaangewende fliekresensent in die Afrikaanse media, Leon van Nierop, op Facebook meegedeel.

“Simpatie aan sy familie en almal wat soveel respek en bewondering vir hierdie grootse kunstenaar en filosoof gehad het, en veral vir sy versiende rolprente.

“Sy nalatenskap is geweldig en omvangryk en sal moontlik nooit oortref word nie,” het Leon verder geskryf.

LEES OOK: ’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80 Jans is in 1936 in Germiston gebore en maak reeds sedert die laat 1960's films. Hy is ook veral bekend vir die rolprent Die Kandidaat (1968), wat hy saam met die vervaardiger Emil Nofal gemaak het. Hy word oorleef deur sy vrou van die afgelope 60 jaar, Almeri, en sy kinders, Andri, Erika, Gert, Strydom en talle kleinkinders. Ook vanuit Nederland het die nuus van Jans getref

Hul geliefde Oulap, waar Jans en sy vrou Almari, gebly het
Sy jongste werk was Abraham
Jans gesels oor Abraham en van sy vorige ikoniese Afrikaanse films
Die fliek Abraham is ook op Oulap geskiet.

Jans was die regisseur van die volgende flieks:

Die Kandidaat (1968) - met Regardt van den Bergh en Don Leonard

Katrina (1969) - met Jill Kirkland, Katinka Heys, Don Leonard, Cobus Rossouw, Joe Stewardson en Carel Trichardt

Jannie Totsiens (1970) - met Katinka Heyns, Patrick Mynhardt en Don Leonard

Pappalap (1971) met Katinka Heys, Gordon Vorster en Hermien Dommisse (ook bekend as Pappa Lap)

Ongewenste Vreemdeling (1974) - Met Marié du Toit, Marie Tjaden Tromp, Sandra Kotzé, Barie Trengrove, Dulcie van den Bergh, Marius Weyers en Sann de Lange

Eendag Op 'n Reendag (1976) - met Katinka Heys, Regardt van den Bergh en Jana Cilliers

My Way II (1977) - met Joe Stewardson, Richard Loring, Marié du Toit, Volenté Bertotti, Zaza Vorter en Gary Player

Blink Stefaans (1981) - met Regardt van den Bergh, Jana Cilliers, George Ballot, Zack du Plessis, Dana Niehaus, Zoli Marki

Broer Matie (1984) - met Simon Bruinders, Paul Lückhoff, Louw Verwey, Patrick Menhardt en Trix Pienaar.

No One Cries Forever (1985) - met Howard Carpendale, Elke Sommer, Zoli Marki en Fiona Ramsey

Abraham (2014) - met DJ Mouton, Hannes Muller, Franci Swanepoel, Chantell Phillipus, Jill Levenberg