Die beroemde leeutemmer, Faten El-Helw, is op angswekkende filmmateriaal opgeneem by ’n vertoning in Egipte, waar sy die gewone roetine gevolg het toe die groot kat haar bespring.

Soos die drama ontvou, kan jy kan die gehoor, waaronder daar kinders was, hoor gil.

Op die filmmateriaal, wat op YouTube gelaai is, dans Faten El-Hewl en sy waai vir die gehoor toe die leeu spring.

In die aanval Donderdagaand het die yslike dier sy pote om die sirkuseienaar gevou en haar op die grond neergetrek.

Dit was ongelooflik om te sien hoe die brawe temmer op haar voete spring, en, met die hulp van ’n man, uit die ring loop.

Faten El-Helw is hospitaal toe geneem, waar sy, volgens berigte, in ’n stabiele toestand is.

Sy het ’n foto van haar op Facebook geplaas, waar sy in die bed rus met haar arm in ’n verband.

Volgens ’n berig in The Mirror is Ibrahim El-Hewl, die leeutemmer se oorlede man en medetemmer, na bewering in 2004 dood toe een van die diere hom aangeval het.