Die 11 maande oue Aryeh, uitgevat in ’n leeukostuum, het tydens ’n uitstappie na die Atlanta-dieretuin in Amerika’n leeu teëgekom.

“Dit was ’n koue dag, so toe ons daar aankom, was die leeus nog nie buite nie. Ons het na die res van die diere gaan kyk en op pad uit by die leeus gestop.

“Toe ons die hulle buite sien en Aryeh se kostuum aantrek, het ons gedink ons gaan vinnig ’n foto van hom neem met die leeus op die agtergond,” vertel Aryeh se peetpa.

“Die leeus was onmiddellik geïnteresseerd in ons kein leeuwelpie,” sê hy.

Kyk ook: Baba-gorilla speel wegkruipertjie met kleuter in oulike video

In die video kom een van die leeus nader en krap met sy poot teen die ruit om by die “welpie” uit te kom.

“Wat is dit, Aryeh? Dis ’n groot jy!” het die vrou uitgeroep wat die video geneem het. Aryeh se peetpa vertel Aryeh se naam beteken “leeu” in Hebreeus.

Aryeh se peetma, Cami Fanning, vertel Aryeh was koel en kalm toe die leeu nader kom. “Hy was heeltemal koelkop,” sê sy. Aryeh het hom ’n paar minute aan die leeu vergaap en toe het hulle verder gestap, vertel Cami.

“Dit was ongelooflik! Beslis ’n wonderlike herinnering aan ons eerste uitstappie as peetgesin,” sê sy peetpa.

Kyk die video hier:

Bronne: dailymail.co.uk, huffingtonpost.co.za, today.com