Kringtelevisiebeeldmateriaal het die kat vasgevang wat verby ’n inwoner van ’n woonbuurt in Norwalk se oprit verbyloop. Dit wys hoe die dier vroegoggend in die woonbuurt rondloop, maar die gehalte van die video is so swak dat kenners nie seker is presies watter spesie dit is nie.

Craig Packer, ’n professor by die Leeunavorsingsentrum by die Minnesota-universiteit sê dit lyk beslis na ’n leeuwyfie. ’n Ander wildkenner glo egter dit is ’n luiperd.

Na wat lyk dit vir jou?

Bronne: Time.com, LATimes.com