[caption id="attachment_98956" align="alignnone" width="620"]Brendan het die boodskap op Facebook gedeel. Brendan het die boodskap op Facebook gedeel.[/caption]

Brendan Smith van Perth was net 36 uur in Suid-Afrika toe ’n leeu hom aan die bobeen byt. Hy het sy venster afgedraai om ’n foto te neem. Ten spyte van verskeie waarskuwings om nie sy deur of venster oop te maak nie, wou Brendan graag ’n foto vir sy vriende neem. Hy is Saterdag uit die hospitaal ontslaan en het sy fout erken.

Hy skryf die letsel pla hom nie, want hy weet “meisies sal daarvan hou."

Op sy Facebook-blad erken hy dat dit veel erger kon en moes gewees het. Hy is egter nie te spyt oor die besering nie en skryf dat hy nou deel is van “die groep mense wat deur ’n leeu gebyt is”. Hy skryf die letsel pla hom nie, want hy weet “meisies sal daarvan hou”.

Volgens sy Facebook-blad is Brendan nie sku vir avontuur nie. Daar is talle foto’s van hom wat vryval, skerpioene eet en deur vuurhoepels spring.

Brendan was glo ook van plan om saam met haaie te duik by Gansbaai, maar dit lyk asof die plan vir eers laat vaar is.

Bronne: Facebook, dailymail.co.uk, Netwerk24