Die beeldskone model en sangeres het ’n foto op Instagram gedeel met ’n roerende liefdesbriefie saam met Trevor Noah se boek Born a Crime: Stories from a South African Childhood.
“Ek stel altyd uit as dit kom by die lees van die laaste hoofstuk van my gunstelingboeke. Ek doen dit omdat ek nie wil hê die betowering moet eindig nie,” het sy geskryf. “In hierdie geval stel ek ook uit om daardie rede, maar ook omdat ek weet watter pyn daardie laaste hoofstuk behels. Ek is so trots op die crime met die kuiltjies wat die diepste en soms donkerste dele van sy lewe met ons gedeel het, wat ons geleer het van nuanse en die kompleksiteit van die goeie en bose, en wat ons bekendgestel het aan een van die sterkste vroue wat ons dalk ooit sal ken. Dis tyd om hierdie laaste paar bladsye te lees.” Sy skryf verder watter gelukkige meisie sy is om elke dag na daardie “betowering” huis toe te gaan.
“Dis vir my lekker om te weet die betowering leef voort as ek die boek toeslaan en ek is ongelooflik geseën om elke dag na daardie betowering huis toe te kom. ?? Dankie @trevornoah” Die paartjie, wat glo verlede jaar ontmoet het, is uiters privaat oor hul liefdeslewe. Die 32-jarige komediant het in ’n onlangse onderhoud met die Suid-Afrikaanse kletsprogramaanbieder Anele Mdoda op Real Talk with Anele gesê hy “is smoorverlief”. Timeslive het berig die model het “vroeg in hul verhouding” by Trevor, aanbieder van The Daily Show, ingetrek.
Die model het verlede maand haar 26ste verjaardag gevier, ’n foto saam met Trevor en vriende gedeel en daarby geskryf: “Dit is so lekker om saam met mense te lag en dan halfpad deur te besef hoe baie jy hulle geniet. Gister saam met julle ouens was ongelooflik. Ek is so geseën om elkeen van julle in my lewe te hê.”

Bronne: Timeslive, Instagram, Twitter