Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het in ’n ope brief aan Suid-Afrikaners dankie gesê vir die steun wat hulle hom die laaste ruk gegee het.

Die minister is deur diep waters nadat hy saam met Oupa Magashula en Ivan Pillay deur die Nasionale Vervolgingsgesag van bedrog aangekla is, glo omdat hulle by ’n beweerde spesiale eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betrokke was.

In sy brief, getiteld "Thank you!", skryf Pravin dat hy geraak is deur Suid-Afrikaners oor die hele spektrum wat hom die laaste ruk gesteun het. Hy haal ook ’n deel van die Grondwet aan en onderteken die brief namens hom en sy familie.

Lees sy volledige brief hier:

2016100401 THANK YOU by YOU Magazine on Scribd