Dis altyd ’n goeie idee om vir jou kinders hardop te lees en as jy dit nie reeds doen nie, is vandag ’n goeie tyd om te begin.

Ons het Wêrelddag vir Hardop Lees op 5 Maart gevier en Nal’ibali, ’n Suid-Afrikaanse veldtog wat lees vir plesier aanmoedig (nal’ibali beteken “dis die storie” in Xhosa), het gepoog om 13 000 kinders deur hul leesveldtog te raak. Hulle wil kinders se potensiaal aanwakker deur stories te vertel en te lees.

Volgens die organiseerders is hardop lees een van die belangrikste aktiwiteite wat ’n kind se taalvaardighede en -kennis verryk; dit motiveer hulle ook om te leer soos hulle lees.

Kliek hier vir ’n paar lekker idees oor wat jou kinders kan lees.

Besoek Nal’ibali vir nog inligting oor al hul programme en inisiatiewe of meer oor Wêrelddag vir Hardop Lees.