Wat jy moet weet voordat jy gaan stem: 

Stemlokale sal op 18 Mei vanaf 07:00 tot 19:00 oop wees.

Meer as 23 miljoen mense het as kiesers geregistreer.

Daar is sowat 20 868 stemlokale.

Anders as voorheen kan jy net stem waar jy geregistreer het.

Sowat 121 politieke partye en ‘n rekordgetal van 748 onafhanklike kandidate sal aan die verkiesing deelneem.

Die eerste resultate sal Woensdagaand voor middernag reeds beskikbaar wees.

Die finale resultate sal teen Vrydagoggend bekend wees.

Elke stembrief moet ‘n stempel van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) agterop hê.

SMS jou identiteitsnommer na 32810 om uit te vind of jy geregistreer is.

Jy het jou ID-boekie of tydelike identiteitsertifikaat nodig om te kan stem.

Vir meer inligting besoek die OVK se webtuiste.

Volg Huisgenoot op Twitter.