Sowat 30 leerders is beseer nadat bye hulle toegetakel het, het Russel Meiring, ER24-woordvoerder, gesê.

“Toe paramedici by die skool opdaag, het hulle gesien dat ’n swerm bye talle kinders gesteek het. Die bye is glo versteur terwyl werkers aan die skool se spreiligte gewerk het,” sê Russel. “Paramedici het op die toneel die aard van die beserings vasgestel. Daar is gelukkig geen ernstige of noodlottige beserings aangemeld nie.”

’n Aantal kinders is voor die paramedici se koms na die hospitaal gebring en paramedici het die res na talle hospitale in die omgewing gebring.

Bronne: News24, rekordeast.co.za

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Sexy ouens van DZL byna katswink geslaan in nuwe musiekvideo

Eina! Gwyneth Paltrow se pynlike velsorgroetine is nie vir sissies nie

Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan

Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers