, het The Star Dinsdag berig.

Die besluit om met die saak voort te gaan, volg op ’n versoek van die leerder se prokureur dat die saak nie deur die hofproses moet gaan nie. Adv. William Karam het versoek dat sy kliënt eerder in ’n program geplaas moet word vir jongmense wat van ’n misdaad beskuldig word as om verhoor te word.

Die direkteur van openbare vervolging het dit afgekeur. William het appèl teen die besluit aangeteken en toe die nasionale direkteur van openbare vervolging met sy versoek genader. Dié aansoek is ook afgekeur en hy is ingelig dat die leerder verhoor sal word.

Daar is aan hom gesê dat die saak nie aan die vereistes voldoen om na ’n program verwys te word nie. “Ek is uiters teleurgesteld, want as jy na die feite van die saak kyk, was die beskuldigde jonk en almal het die oorledene as ’n probleemkind beskou,” het hy aan die koerant gesê.

Die leerder het na bewering sy ma se dienspistool gebruik en die beweerde boelie in die kop geskiet. Hy word ook van die onwettige besit van ’n vuurwapen en onwettige besit van ammunisie aangekla.