, het die Star Donderdag berig.

Christian Rabie (23) het verskeie beserings opgedoen toe hy 10 jaar gelede tydens ’n speletjie op die skool se speelterrein sy skedel breek. Christian is die seun van regter Pierre Rabie van die hooggeregshof in Pretoria.

Die KwaZulu-Natalse regter Piet Koen is geroep om te beslis hoeveel skadevergoeding aan Christian toegeken moet word.

Altesaam R20,2 miljoen is aan hom toegeken vir die verlies aan inkomste en verdienstevermoë, R800 000 vir algemene skade, R787 386 vir toekomstige mediese uitgawes en R1,6 miljoen as bykomende 7,5 persent vir die koste daarvan om die toekenning te beskerm, is berig.

Die regter het ook gelas ’n trustfonds moet gestig word om die geld te bestuur.

Christian is op 31 Julie 2003 beseer terwyl ouer seuns jongeres tydens pouse in ’n krieketnet in die lug gegooi het. Christian, toe gr. 8, het hy op die grond geval en het seergekry.

Die hof het aanvanklik beslis die departement van onderwys is aanspreeklik vir die skade. In 2008 het die departement appèl aangeteken en aangevoer dit was nie ten volle aanspreeklik nie. Die hof het die appèl van die hand gewys en gesê Christian was nie destyds volwasse genoeg om te besef hy kan beseer word nie. Hy is nou ’n regstudent aan die Universiteit van Suid-Afrika.

– Sapa

sapalogo