HULLE het in hul duisende op Suid-Afrika toegesak, van heinde en verre per bus, vliegtuig, trein en motor hier aangekom. Sommige het die afgelope vier jaar gespaar om die Wêreldbeker te kan bywoon en ander wil die moeder van alle partytjies hou terwyl hulle hier is.

Sommige het trouens al in die week voor die afskop begin – soos die Aussie wat, toe hy in ’n Johannesburgse voortuin wakker gemaak is, gedink het hy is in Kaapstad...

Ja, die sokkerspanne is belangrik – maar hul aanhangers is eweneens ’n faktor om deeglik van kennis te neem. Ons bekyk die kleurrykste ondersteuners en hul gewoontes, voorkoms en voorkeure. Ons leer jou sommer ook ‘‘hallo’’, ‘‘mooi’’ en ‘‘laat ek vir jou ’n bier koop’’ in verskeie tale sê.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 17 Junie 2010

Bespreek vir Skouspel!