Ons het onlangs hierdie groep se musiekvideo op die webtuiste geplaas en is oorval met positiewe terugvoer.

Daarna het ons besluit om bietjie meer oor Wilmare Rautenbach en Johan Oberholzer van die musiekduo“Hulle” uit te vind.

Dié tweetjies skryf en vervaardig self hulle musiek en het sonder twyfel hope talent

Hoe ken julle twee mekaar?

Ons is altwee gebore in Walvisbaai, Namibië. Albei van ons het gereeld opgetree by skole en talentkompetities, maar omdat ons drie jaar verskil, het ons nie regtig in dieselfde kringe beweeg nie.

Eers nadat ons altwee vanaf oorsee teruggekom het in 2003, het ons bymekaar gekom om bietjie te kyk wat ons kan doen. En toe skielik het ons begin optree en goeie vriende geraak.

Watter betekenis is daar aan julle naam?

Ons is baie gesteld daarop om als saam te doen in musiek, en sien ons as 'n eenheid, nie twee apparte mense nie. Ons skryf alles self, vervaardig dit, en neem dit self op. Wat die luisteraars kry is 'n presiese weerkaatsing van wie ons as musiekante is.

So, "HULLE" is 'n goeie manier om te sê, ons is 'n eenheid. Dis ook lekker om mense se reaksie te sien, veral waneer hulle begin grappe maak met die naam.

Waar kom julle vandaan?

Groot geword in Namibië, maar bly altwee nou in die mooie Kaapstad. Wilmare saam haar verloofde, en ek saam die liefde van my lewe.

Saam met wie sal julle graag ‘n liedjie wil opneem?

Saam iemand heel onverwags. Soos Yoav. Hy is so oorspronklik met sy produksiestyl en wat hy met 'n kitaar kan doen is belaglik.

Waar sal julle die graagste wil optree?

Ons het altwee al voor duisende mense opgetree, en ons het altwee al voor gehore van 20 opgetree. En ons 'magic' is definitief in die meer intieme plekke.

Ons is mal daaroor om met mense te chat terwyl ons op 'n klein verhogie sit, en hulle deel van die ondervinding te maak.

Tien gelukkige lesers kan elk 'n Hulle-CD wen. SMS die woord HULLE, gevolg deur jou naam en van na 34922 voor 17:00 op Maandag, 7 November. ‘n SMS kos R1,50. Die borg sal die wenner kontak.