Die bes bewaarde geheim van die maand is uit! Die model Lee-Ann Liebenberg en haar verloofde Nicky van der Walt, trou die naweek in Kaapstad.

Die paartjie se vier maande oue babadogter, Gia, en 'n handvol van hulle beste vriende gaan by die troue wees. En Huisgenoot is ook genooi!

Ons sal daaroor berig en vir ons lesers pragtige troufoto's wys in die Huisgenoot wat volgende Vrdag in Kaapstad (Maandag in die res van die land) op die rak sal wees.