Die paartjie is al drie jaar getroud en het ’n driejarige dogter, Gia.

“Verskriklik baie dankie vir al die spesiale seënwense vir ons klein Gabriella,” het die model vroeër vandag getwiet. “Ons is almal dol oor haar en is totaal oorstelp deur al die LIEFDE!”

Die trotse ouers het foto’s van Gabriella en haar ousus, Gia, op hul onderskeie Instagram-profiele geplaas. Nicky het gesê: “My prinses . . . Ek is die rykste man wat ek ken. #blessed #love #beautiful #daughters #GABRIELLA’’. Die boodskap by Lee-Ann se foto het gesê: ‘‘Gia en Gabriella . . . Niemand weet hoe lief ek julle het nie. Julle is immers die enigste mense wat weet hoe my hart van binne klink.’’ Oulik!

[caption id="attachment_72830" align="aligncenter" width="352"]Ousus Gia saam met die pasgebore Gabriella. Foto: Instagram Ousus Gia saam met die pasgebore Gabriella. Foto: Instagram[/caption]