Gaan ’n ysterwarewinkel binne en probeer ’n bietjie ’n 50kg-sak sement of sand optel. Glad nie maklik nie, nè?

Dan sal jy sommer groot respek kry vir Leanne du Preez van Uitenhage, want dit is hoeveel gewig Huisgenoot se eie Klop die Skaal-kampioen afgeskud het.

Sy het kort ná die Paasnaweek die nuus oor haar groot mylpaal met ’n uitbundige; “50 kg, het jou!”

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.