Tydens Dinsdag, 12 Julie, se spogtoekenningsaand by Emperors Palace in Kempton Park was Binnelanders en Leah die twee groot wenners ná elkeen met drie eerbewyse weggestap.

Die gewilde hospitaaldrama is bekroon as sepie van die jaar en Hans Strydom en Leandie du Randt het onderskeidelik met die prys as sepie-akteur en -aktrise van die jaar weggestap.

Op haar beurt is Leah bekroon in die kategorie nuweling van die jaar vir haar album Wonderwerk. Haar treffer Met Jou Klere Aan het ook gewen as liedjie van die jaar sowel as in die kategorie musiekvideo van die jaar.

Kort op haar hakke was die immergewilde Karen Zoid wat aangewys is as TV-aanbieder van die jaar. Haar geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, het ook in die afdeling TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid en Speletjies, geseëvier.

Dit was ook ’n spesiale oomblik toe die legendariese Anneli van Rooyen haar prys in die kategorie gospelalbum van die jaar vir haar album Nogtans Sal Ek Sing ontvang.

Die grapmaker, sanger, skrywer, etiketkenner en verhoogpersoonlikheid Nataniël is vereer met die spesiale prys as Afrikaanse erfenislater.

Verskeie kunstenaars het die gehoor met optredes vermaak, onder andere Magdalene Minnaar, Min Shaw, Nádine, Len Muller en CH2, Gloria Bosman, Refentse Morake en Charlize Berg, Adam, Jack Parow en Jaco van der Merwe van Bittereinder, Francois van Coke, die Linden-koor en Karen Zoid.

Die grapjas Schalk Bezuidenhout was die seremoniemeester en het die gehoor gaande gehad met sy grappies en staaltjies.

“Dis vir ons ’n voorreg om Huisgenoot se 100-jaar-mylpaal ook saam met ons lesers se geliefkoosde vermaaksterre van 2016 te kon gedenk – en om boonop van hul gunstelinge deur die dekades as aanbieders en kunstenaars by die geleentheid te kon betrek,” sê Huisgenoot se redakteur, Henriëtte Loubser.

“Dit was ’n ware viering van Afrikaanse talent met baie onthousnare wat geroer is – ’n aand wat nie gou vergeet sal word nie.”

DIE WENNERS VAN VANJAAR SE HUISGENOOT-TEMPO-TOEKENNINGS IS:

Nuweling van die jaar

Leah – Wonderwerk

Gospelalbum van die jaar

Anneli van Rooyen – Nogtans Sal Ek Sing

Pop-/sokkiealbum van die jaar

Jay & Lianie – Vir Liefde

Kontemporêre album van die jaar

Elvis Blue – Êrens in die Middel van Nêrens

Liedjie van die jaar

Leah – Met Jou Klere Aan

Musiekvideo van die jaar

Leah – Met Jou Klere Aan Topverkoper-CD van die jaar Juanita du Plessis – Toe Staan die Wêreld Stil Topverkoper-DVD van die jaar Laurika Rauch en Elvis Blue – Hart en See

TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies

Republiek van Zoid Afrika

TV-aanbieder van die jaar

Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika

Radioaanbieder van die jaar

Martin Bester – Jacaranda FM

Leesboek van die jaar

Lien Botha – Wonderboom

TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom

Sterlopers

Akteur van die jaar: Drama, Sitkom

Armand Aucamp – Die Boekklub

Aktrise van die jaar: Drama, Sitkom

Franci Swanepoel – Bloedbroers, Getroud met Rugby, Sterlopers TV-reeks van die jaar: Drama, Sitkom Sterlopers Sepie van die jaar Binnelanders

Sepieakteur van die jaar

Hans Strydom – Binnelanders

Sepieaktrise van die jaar

Leandie du Randt – Binnelanders

Akteur van die jaar: Rolprent

Ivan Botha – Vir Altyd

Aktrise van die jaar: Rolprent

Donnalee Roberts – Vir Altyd Rolprent van die jaar Dis Ek, Anna Afrikaanse erfenislater Nataniël

EN OP TWITTER HET DIT GEGONS. KYK NET DIE FOTO'S!