[caption id="attachment_87752" align="aligncenter" width="600"]Leading Lady sal plaaslik op 28 November uitgereik word. Foto: Facebook Leading Lady sal plaaslik op 28 November uitgereik word. Foto: Facebook[/caption]

“Ná ’n baie suksesvolle ontvangs by die internasionale filmfees in Seattle het vervaardigers hul kredietkaarte uitgepluk om in Los Angeles op deure te gaan klop,” het die bemarkers in ’n verklaring gesê.

“Jon Bonnell van Summer Hill Films verteenwoordig Leading Lady en die Amerikaanse regte is verkoop aan Freestyle Releasing – ’n betroubare verspreidingsmaatskappy in die VSA agter groot en klein ateljeeflieks.”

Die fliek, met Henk Pretorius and Llewelynn Greeff as die regisseurs en vervaardigers, sal op 28 November plaaslik uitgereik word.

Dit handel oor ’n idealistiese Britse dramaskool-onderwyseres, Jodi Rutherford, wat ’n aanvanklik teruggetrokke en taamlik stugge Suid-Afrikaanse boer, Kobus Willemse, oorreed om haar voor te berei vir haar rol as ’n Afrikaanse oorlogsheldin.

In ruil daarvoor stem Jodi in om die jaarlikse konsert op Kobus se plaas se reël en lei.

Katie McGrath van Jurassic World-faam, Gil Bellows van Ally McBeal en Suid-Afrika se eie Bok van Blerk speel daarin.

Dit sal middel volgende jaar begin draai.

Bron: Sapa /fg/jk