Die jaar waarin die 27-jarige aktrise, liedjieskrywer en sangeres se kêrel, Cory Monteith, oorlede is, was die “slegste” van haar lewe. Maar musiek het haar pyn verlig, en die wêreld sal gou hoor waaraan sy so hard gewerk het.

Die medewerkers aan haar album is Sia, Christina Perri, Colin Munro en Stargate.

Haar debuut-enkelsnit, Cannonball, is ’n kragtige pop-ballade. Haar stem weerklink wanneer sy sing: “And now I will start living today, I close the door, I got a new beginning and I will fly like a cannonball.

Die Glee-ster het pragtig gelyk op onlangse foto’s wat sy op Instagram geplaas het. Op een foto sing sy, begelei deur ’n volledige orkes.

Lea Michele insta 2

Sy het by die foto geskryf: “So ’n magiese dag vandag; ’n volle stel saam met my orkes gesing. So opgewonde oor my album #LOUDER wat op pad is! En vir hierdie somer!

Volg haar op twitter @msleamichele

- Janine Nel

Bronne: dailymail.co.uk, torontosun.com, radio.com