Dis ’n huldeblyk aan haar oorlede kêrel en Glee-medester, Cory Monteith. Die 27-jarige sangeres en aktrise het aan Teen Vogue gesê die snit is loshande haar gunsteling op haar debuutalbum.

“Ek het onlangs daarna geluister; dit was die liedjie waarop ek die hewigste emosionele reaksie gehad het omdat dit gaan oor my verhouding met Cory.”