LaToya Jackson (57) is “dankbaar” vir die steun wat haar familie ontvang nadat haar broerskind Paris Jackson haar eie lewe probeer neem het, maar vra privaatheid terwyl hulle dit hanteer.

Michael Jackson se 15-jarige dogter het glo op Woensdag 5 Junie by haar huis in Calabasas haar polse gesny. LaToya het daarna aan E! News gesê: “Ons waardeer die oorweldigende besorgdheid oor Paris, maar vra privaatheid in hierdie tyd terwyl ons familie die saak saam hanteer.”

Paris het LaToya voorheen daarvoor geprys dat sy haar besluit ondersteun om ’n akteursloopbaan na te streef nadat dit bekend geword het party familielede was ongelukkig met haar besluit om ’n rol in die fantasiefliek Lundon’s Bridge and the Three Keys te aanvaar.

Sy het gesê: “Baie mense wil nie hê ek moet dit doen nie, maar tannie LaToya glo in my. Sy het my ’n bietjie hoor kitaar speel en sing en het begin hande klap.

“Sy moedig my regtig aan. Dis wonderlik van haar.”