Die skerp lig het sy oog binnegedring en sy retina beskadig. Daar is nou ’n permanente swart kol in sy visie en hy kan beelde nog net aan die kante van sy oog uitmaak.

Die laserliggies is maklik beskikbaar in verskeie winkels en word byvoorbeeld gebruik om goed op ’n skerm uit te wys tydens ’n voorlegging. Dit is ’n geliefkoosde speelding vir kinders.

Hoewel die laserliggies reeds in baie lande verbied word, is daar toenemend gevalle waar die liggies by konserte of wedstryde in spelers se oë geskyn word of selfs na vliegtuie in vlieëniers se oë gemik word wanneer hulle opstyg of land.

Tussen Januarie 2010 en Februarie 2012 was daar 181 gevalle van laserliggies wat in vlieëniers se oë geskyn is.

csir.co.za, netwerk24.com, News24