’n Taiwanse televisiestasie moes om verskoning vra nadat hulle per abuis beeldmateriaal van die koningin gewys het, pleks van Margaret Thatcher, toe hul oor die Ystervrou se dood berig.

Taiwanese CTi Cable het tydens die aankondiging van Thatcher se dood twee videogrepe van koningin Elizabeth gewys waar sy hande skud met lede van die publiek.

Thatcher het Maandag aan ’n beroerte gesterf in die ouderdom van 87 jaar.

Thailand se Channel 5 het ook ’n fout begaan toe hulle oor Thatcher se dood berig het. Dié kanaal het glo ’n foto van Meryl Streep, wat die rol van Thatcher in die rolprent The Iron Lady vertolk het, gewys toe hul die nuus bekendmaak.

“Ons sal verbeter en seker maak ons werk is altyd van beter gehalte. Baie jammer vir die fout,” het Channel 5 op hul Facebook-blad aangekondig.

-Bang Showbizz