’n Skeidsregter van die Goue Leeus Rugbyunie se skeidsregtersvereniging is Saterdagmiddag op die rugbyveld gesterf nadat hy dié dag die fluitjie vir twee skolewedstryde aan die Wesrand geblaas het.

[caption id="attachment_163660" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook. Foto: Facebook.[/caption]

Volgens Annemie Bester, mediaverteenwoordiger van die unie, het Francois Smit (56)

moontlik aan ’n hartaanval gesterf nadat hy die wedstryd by die Hoërskool Carletonville hanteer het.

Vroeër die oggend was hy die skeidsregter vir ’n wedstryd by die Hoërskool Allen Glen in Roodepoort.

“Hy was ’n toegewyde skeidsregter wat altyd beskikbaar was, ongeag watter wedstryd dit sou wees,” het Theuns Naudé, die Goue Leeus Rugbyunie se bestuurder van skeidsregtersvereniging, gesê. Francois was vanaf die vroeë 1990's ’n lid van dié vereniging.

Die vereniging het ook al vir Francois vereer nadat hy vir meer 1 000 rugbywedstryde as skeidsregter opgetree het.

Hilda Geere het sy dood as verskriklik hartseer op Facebook bestempel. "Hy was ’n uitstekende skeidsregter en het sy laaste wedstryd vir ons seuns van Hoërskool Carletonville geblaas. Die seuns sê hy het nog regdeur die wedstryd met hulle gesels en homself geniet.

"Rus in vrede en sterkte aan sy gesin.”