Sy woordvoerder, Mara van der Bergh, het vanuit die hospitaal met ons gepraat en bevestig dat Val baie siek is. “Daar is komplikasies met haar niere en sy is baie gedehidreer. Meer as dit kan ons nie nou sê nie.”

Val is al geruime tyd siek, maar ’n bewoë Lance kon nie bevestig presies wat die oorsaak van haar toestand is nie. Hy het al sy aanhangers bedank vir hul ondersteuning en gebede.