.

Valerie, meer bekend as “Val”, het vir sowat sewe jaar aan demensie gely. Sy het ook Parkinson se siekte gehad en was boonop stom en verlam.

Val het vir sowat twee jaar versorging by ’n ouetehuis in Bryanston ontvang. Lance het die ouetehuis bedank vir goeie diens en gesê dat sy geliefde vrou regdeur die lang stryd baie dapper was. “Val is wonderlik versorg en hoewel sy soveel gely het, het sy nóóit gekla nie.”

Die paartjie sou op 3 September vanjaar vir 50 jaar getroud gewees het.

Val laat haar man, hul twee dogters en drie kleinkinders agter