Maak 2 Middelslag-pasteie

Bereiding: 15 minute

gaarmaaktyd: 3 uur

VULSEL

1,5 kg lam- of wildskenkels, in

stukke gesaag, maar hou ’n

paar bene lank

25 ml (5 t) olie

1 ui, gekap

1 liter (4 k) groente- of

hoenderaftreksel

60 ml (¼ k) koekmeel

10 ml (2 t) heelkorrelmosterd

250 ml (1 k) melk

sout en peper na smaak

KORS

125 ml (½ k) melk

125 ml (½ k) olie

200 ml koekmeel

1 eier

10 ml (2 t) bakpoeier

2 uie, in ringe gesny

  1. VULSEL Verbruin die skenkels in die olie. Skep uit en roerbraai die ui tot sag.
  2. Plaas die vleis terug in die kastrol, voeg die aftreksel by, verlaag die hitte en laat prut 2-3 uur tot die vleis lekker sag is. Verwyder enige kleinerige beentjies, maar los die groter skenkelbene.
  3. Meng die res van die vulselbestanddele behalwe die sout en peper goed saam en roer by die vleismengsel in. Geur na smaak met sout en peper. Laat goed kook.
  4. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 1 groot of 2 middelslag-pasteibakke.
  5. Skep die vulsel in die pasteibakke. Laat staan die skenkelbene regop.
  6. KORS Meng al die bestanddele vir die kors behalwe die uieringe. Giet oor die vulsel. Rangskik die uieringe bo-op.
  7. Bak tot die kors goudbruin en gaar is, sowat 30 minute.